# Die vleis van bruinbere, ‘n beskermde spesie in die Europese Unie, mag dalk binnekort in Slowakye verkoop word nadat die populistiese regering nuwe planne goedgekeur het. Die kabinet het in April ‘n plan goedgekeur om sowat ‘n kwart van die land se een-duisend-300 bruinbere te skiet weens noodlottige voorvalle. Bewaringsbewustes, opposisie-politici, asook die Europese Parlement het dit skerp gekritiseer. Die Slowaakse regering gaan egter voort met die plan en het hierdie week aangekondig die vleis van bere wat uitgeskiet word sal verkoop word om vermorsing te voorkom.
Slowakye gee goedkeuring vir verkoop van bruinbeervleis aan publiek