Skip to content

Skoolbus in Dikolinirivier herwin nadat dit meegesleur is gedurende oorstroming

# Reddingspanne in Mthatha in die Oos-Kaap het die skoolbus herwin wat deur vloedwater in die Dikolini-rivier meegesleur is. Daar was 13 leerders, nog twee passassiers en die bestuurder in die voertuig. Geen liggame is binne-in gevind nie. Drie leerders is gister gered. Owerhede sê die soektog na die ander insittendes duur voort, en voeg by dat spanne ook oorstroomde huise sal deursoek om enige liggame te herwin wat tydens die vloede vasgekeer is.