# ‘n Skeepsvaartkenner, John Ingpen, sê wêreldwye markonsekerheid hou olietenkskepe langer op see, aangesien operateurs reageer op wisselende oliepryse en die veranderende vraag. Hy sê verskeie vaartuie wag tans naby Kaapstad, met sommige wat stadig vaar of dryf terwyl hulle op aanwysings wag. Ingpen sê bestemmings kan tydens ‘n vaart verskeie kere verander namate handelaars op marktoestande reageer. Hy voeg by Kaapstad bly ‘n belangrike internasionale verskepingspunt waar olietenkskepe dikwels aflandig gehou word.
Skeepsvaartkenner sê markonsekerheid hou olietenkskepe op see