# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het Sibusiso Ncengwa tot 25-jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, Sindiso Magaqa, in 2017. Die 37-jarige het skuld erken vir die moord en die poging tot moord op drie ander, en beweer die wyle burgemeester van uMzimkhulu, Mluleki Ndobe, was die baasbrein. Twee medebeskuldigdes wag op hul verhoor met ‘n vierde wat in psigiatriese sorg is. Natasha Ramkisson-Kara van die NVG verwelkom die vonnis en noem dit geregtigheid vir politieke moorde:
Sindiso Magaqa se moordenaar tot 25 jaar tronkstraf gevonnis [KLANK]
ENG-Ramkisson-KaraOnNcengwa