# Die veroordeelde misdadiger en vriend van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya, Stuart Scharnick, sê hy ken die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, al drie jaar. Scharnick het vanoggend ‘n lastersaak teen Khumalo by die Pretoria Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak. Hy het Khumalo tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika daarvan beskuldig dat hy onder eed gelieg het voor die Madlanga-kommissie, en sê die vals bewerings het sy gesin in gevaar gestel en onherstelbare skade aan sy naam veroorsaak:
Sibiya-medewerker Scharnick voer aan hy ken die hoof van Misdaadintelligensie al drie jaar [KLANK]
ENG-ScharnickOnKhumalo