Skip to content

Sewe sterf in botsing in Gqeberha, saak van strafbare manslag geopen

# Die polisie in Gqeberha ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat sewe mense in ‘n botsing reg van voor dood is. Die ongeluk tussen ‘n vragmotor en sewe-sitplekvoertuig, het op die M17 tussen KwaZakhele en Motherwell plaasgevind. ‘n Woordvoerder van die vervoerdepartement, Unathi Binqose, sê al die insittendes van die motor is op die toneel dood verklaar, terwyl die vragmotorbestuurder vir trauma behandel is. Hy het motoriste aangespoor om meer waaksaam en versigtig op die paaie te wees, aangesien swaar verkeer verwag word met mense wat na die Paasvakansie huiswaarts keer.