# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die eerste Wes-Kaapse Beleggingsberaad het die kern-visie van die provinsie se Groei-vir-Werk-strategie omvat. Ses belangrike beleggingsverklarings ter waarde van altesaam 50-miljard-rand is tydens die beraad gemaak. Die provinsie se ekonomie het verlede jaar met 0,5-persent gegroei wat dieselfde as die nasionale gemiddeld is. Meyer sê die strategie beoog ʼn ekonomie van een-duisend-miljard-rand teen 2035:
Ses beleggingsbeloftes van R50-miljard gemaak op Wes-Kaapse Beleggingsberaad [KLANK]
AFR MeyeronSummit