Skip to content

Senzo Meyiwa-verhoor onderbreek nadat beskuldigdes polisievervoer weier

# Verrigtinge is onderbreek in die Senzo Meyiwa-moordverhoor in die Hooggeregshof in Pretoria nadat vier van die beskuldigdes blykbaar vanoggend geweier het om in die polisievoertuig te klim om hof toe te gaan. Vyf mans staan tereg op aanklag van moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein in 2014. Die staat sê die vier het beweer die voertuig is vuil en geweier om in te klim. Daar word tans aandag geskenk aan die kwessie. Dit is nog onduidelik wanneer die verhoor sal hervat terwyl alternatiewe vervoerreëlings oorweeg word.