# Die Openbare Beleggingskorporasie het sy hoof van Ongenoteerde Beleggings, Thabiso Moshikara, geskors ná bewerings van omkopery. News24 berig Moshikara word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van drie-miljoen-rand geëis het wat gekoppel is aan die korporasie se Ongenoteerde Beleggingsportefeulje. Die korporasie bestuur bates van meer as twee-duisend-miljard-rand namens staatswerkers en sê hy ondersoek die saak op interne vlak om te bepaal of strafregtelike klagtes benodig word. Die korporasie het homself verbind tot deursigtigheid en verantwoordbaarheid terwyl die ondersoek gedoen word.
Senior beampte van Beleggingskorporasie geskors oor beweerde omkoopgeld van R3-miljoen