Skip to content

See-olifant verdoof en van Gordonsbaai se strate verwyder [KLANK]

# ‘n Sesjarige see-olifant wat vroeg vanoggend in die strate van Gordonsbaai in Kaapstad gesien is, is verdoof en sal na ‘n veilige plek verskuif word. Die sigbaar uitgeputte rob is amper ‘n kilometer van die kus gewaar waar hy met sy bolyf op ‘n geparkeerde voertuig gerus het. Amptenare van die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermings-vereniging sê die dier was hoogs ontsteld en moes dringend verskuif word. ‘n Joernalis van Bulletin, Johan du Toit, sê amptenare is steeds op die toneel:

ENG-DuToitOnSeal