# Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het die arrestasie verwelkom van ‘n amptenaar van die Grensbestuursowerheid wat van korrupsie by die Maseru-grenspos beskuldig word. Die amptenaar is in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike ondersoek waarby Binnelandse Sake se Teenkorrupsie-tak, die SAPD se Misdaadintelligensie-eenheid en Ladybrand-speurders betrokke was. Die beampte het na bewering ‘n betaling van 600-rand aanvaar om die paspoort van ‘n Lesotho-burger onwettig te endosseer. Die beskuldigde word van korrupsie aangekla en sal na verwagting Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn.
Schreiber loof arres van grensbeheerbeampte in beweerde paspoortkorrupsiesaak