Skip to content

Sasol, Transnet skik R4,3-miljard-geskil oor ruolie-tariewe

# Transnet sal voor 30 Junie ‘n netto bedrag van 4,3-miljard-rand aan Sasol betaal. Dit volg nadat ‘n skikking tussen die twee ondernemings bereik is wat jare se regsgedinge beëindig het. Die skikking sluit ‘n Hooggeregshof-uitspraak van Junie 2024 in, warin Transnet opdrag gegee is om 3,9-miljard-rand te betaal vir pyplyn-tariefoortredings. ‘n Ander Transnet-eis teen Sasol vir 855-miljoen-rand is ook opgelos.