Skip to content

Sasol doen aansoek vir elektrisiteitshandelslisensie om hernubares te versterk

# Sasol het by die Nasionale Energiereguleerder aansoek gedoen vir ‘n elektristeitshandelslisensie. Dit kom te midde van Nersa se finalisering van handelsreëls met Eskom wat lisensies betwis wat aan plaaslike handelaars toegestaan is. Die uitvoerende hoof van Sasol, Simon Baloyi, sê die lisensie sal aan Sasol plooibaarheid gee as beide ‘n groot aankoper en ook toekomstige belegger in hernubare produkte. Die groep het reeds ooreenkomste onderteken vir 920-megawatt wind- en sonkrag en mik na twee-duisend-megawatt teen 2030.