# Die studenteligaam Sasco wil hê alle akademiese bedrywighede moet opgeskort word by die Walter Sisulu Universiteit se Mthatha-kampus in die Oos-Kaap. Dit volg nadat ‘n koshuisbestuurder na bewering ‘n student doodgeskiet en drie ander beseer het. Die skietery het gevolg ná betogings oor veiligheid en swak lewensomstandighede. Thuto Mashile van die organisasie eis die inhegtenisneming en skorsing van die bestuurder, berading vir studente wat geraak is, en ‘n volledige ondersoek deur die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane:
SASCO eis opskorting van Walter Sisulu Universiteit se akademiese bedrywighede na kampusskietery [KLANK]
ENG MashileOnShooting