# Die vakbond vir werkers in die bankwese, SASBO, het kommer uitgespreek oor African Bank se planne om een-duisend-200 mense af te dank en byna 900 takke te sluit om volhoubaar te bly. Die bank het in Junie ʼn verlies van 624-miljoen-rand aangeteken vir die halfjaar tot einde Maart, nadat sy koste-basis sy risiko-aangepaste inkomste oorskry het. SASBO sê hy ondersteun nie die voortydige publikasie van inligting oor moontlike werksverliese wanneer betekenisvolle beraadslaging en besprekings met georganiseerde arbeid nog nie plaasgevind het nie.
SASBO veroordeel African Bank se planne om dalk eenduisend-200 mense af te dank