# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die huidige 4,5-persent inflasiedoelwit verswak die rand en verdubbel pryse elke 16-jaar. In die Reserwebank se jaarverslag, vra Kganyago vir ‘n drie-persent teiken, wat in lyn is met globale standaarde. Kganyago beskryf die inflasiekoers van 2,8-persent in Mei, is ‘n uitstekende geleentheid vir hervorming. Dit word verwag dat die Reserwebank en die Tesourie beleidsoorsig-aanbevelings sal voorstel, wat ook uitleenkoers kan verlaag en prystabiliteit verbeter.