# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n nuwe spesiale en strategiese eenheid aangekondig om 32 projekte wat tot stilstand gekom het te voltooi, insluitend die Sarah Baartman-gedenksentrum in Hankey, in die Oos-Kaap. Die eenheid sal elke twee weke verslag doen oor die vordering om vinnige afhandeling te verseker. Macpherson sê die vertragings by die sentrum is ‘n nasionale verleentheid. ‘n Nuwe kontrakteur word binnekort verwag, en die projek behoort binne 12 maande voltooi te wees:
Sarah Baartman-sentrum onder 32 projekte wat nuwe Openbare Werke-eenheid gaan versnel [KLANK]
ENG-MacphersonOnProjects