# Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sowel as die Oos-Afrika-Gemeenskap se ministers van Buitelandse Sake vergader vandag in Harare, Zimbabwe, ná die SAOG besluit het om sy soldate in fases te onttrek uit die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Angola se president en voorsitter van die Afrika-unie, João Manuel Gonçalves Lourenço, sal toesig hou oor die vredesproses. Intussen sal Zimbabwe en Kenia se ministers van Buitelandse Sake inligting verskaf oor besprekings rakende die streek se veiligheidsituasie namate pogings voortgaan om die konflikgeteisterde gebied bestendig te kry.
SAOG en Oos-Afrika Gemeenskap se ministers van Buitelandse Sake vergader in Harare oor DRK-onttrekking