Skip to content

SANW-hoof lê verslag oor omstrede besoek aan Iran aan minister Motshekga voor

# Die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, het ‘n verslag oor sy onlangse omstrede besoek aan Iran aan die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, voorgelê. Maphwanya was in die spervuur deur te kenne te gee Suid-Afrika en Iran het gemeenskaplike doelstellings. Hy het ook vir Israel gekritiseer oor sy optrede in Gaza. Die Weermag het die rede vir Maphwanya se besoek verduidelik as bilaterale samesprekings met Iranse militêre leiers oor sake van gemeenskaplike belang. Die inhoud van die samesprekings is vertroulik.