# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad sal vandag sy padveiligheidsveldtog vir die Paasnaweek van stapel stuur. Die geleentheid vind plaas langs die N3 naby Warden in die Vrystaat, ‘n sleutelroete wat Gauteng, KwaZulu-Natal en Mpumalanga verbind. Rebecca Phala van Santaco sê die veldtog is daarop gemik om voertuie wat oorlaai is, bestuurders wat moeg is en die nie-nakoming van padreëls aan te pak, terwyl die sigbaarheid van wetstoepassers in hoë-ongeluksones verhoog sal word: