# SANParke waarsku die publiek om fisiese kontak met dooie of lewende robbe te vermy weens ‘n hondsdolheid-uitbreking langs die kusgebiede van die Wes- en die Noord-Kaap. Volgens SANParke word hondsdolheid nou as endemies beskou in Kaapse pelsrobbe in die Wes-Kaap, wat ‘n eerste is vir mariene-soogdiere. Die virus versprei deur byte, skrape of speekselkontak. SANParke beveel onmiddellike mediese aandag aan indien iemand gebyt word en vra dat enige ongewone rob-gedrag aangemeld moet word.
SANParke waarsku oor hondsdolheid onder robbe