Skip to content

SANParke-slypskole vorm 10-jaar visie vir Tafelberg Nasionale Park

# SANParke het afgesluit met ‘n reeks fokusgroep-slypskole oor die vorming van Tafelberg Nasionale Park onder die nuwe tienjaar Parkbestuursplan en die Mariene Beskermde Gebiedsplan van 2027 tot 2036. Chand Environmental Consultants het die slypskole gelei en die beskerming van mariene gebiede, kulturele erfenis, maatskaplik-ekonomiese transformasie en bioverskeidenheid is bespreek. SANParke sê in ‘n verklaring kenners het die hoofprioriteite uitgelig, insluitend klimaatsverandering, werkskepping en erfenisbewaring. Openbare betrokkenheid sal volg soos die plan vorder, met die doel om die park se ekologiese, kulturele en ekonomiese toekoms te verseker.