Skip to content

SANParke bereik rekord R4,1-miljard omset te midde van sterk finansiële groei

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het ‘n inkomstetoename van elf-persent van 3,67-miljard-rand tot 4,1-miljard-rand vir die 2024/25-boekjaar aangeteken. Dit is die eerste keer dat hy die vier-miljard-rand kerf oorskry. Die uitvoerende hoof, Hapiloe Sello sê 75-persent van die inkomste kom uit kommersiële ondernemings, wat die doetreffendheid van sy handelstrategieë aandui. SANParke het ook ‘n ongekwalifiseerde oudit ontvang en 86-persent van sy prestasieteikens bereik. Sello sê dit is as gevolg van die organisasie se finansiële stabiliteit, operasionele uitnemendheid en voortgesette toewyding tot bewaring en die bemagtiging van die gemeenskap.