Skip to content

SANEF waarsku joernaliste teen omkopery na Ontwikkelingstrust-skandaal

# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum waarsku joernaliste teen onetiese gedraq na bewerings van omkopery waarby die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, betrek word. Sy het na bewering probeer om ‘n joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, om te koop nadat sy geskors is oor die suurstofaanleg-tenderskandaal van 836-miljoen-rand. Hopewell Radebe van SANEF veroordeel Malaka se beweerde optrede en waarsku dat joernaliste wat omkoopgeld ontvang, vervolg sal word. Hy beklemtoon dat professionele lede van die media eties moet optree, korrupsie bestry en integriteit moet handhaaf.