Skip to content

Samwu sê Stad Kaapstad moet rekenskap gee oor openbare fondse wat bestee is om onwettige tariefstruktuur te verdedig

# Die munisipale vakbond Samwu in die Wes-Kaap sê die Stad Kaapstad moet rekenskap gee oor openbare fondse wat gebruik is vir die verdediging van ‘n tariefstruktuur wat nou deur die howe onwettig verklaar is. Die vakbond voer aan die stad bestee oormatige geld aan langdurige litigasie, wat geregtigheid vir werkers en gemeenskappe vertraag. Samwu se provinsiale sekretaris, Mhle Dlamini, sê fondse wat aan onsuksesvolle litigasie bestee is, kon vir dienslewering en gemeenskapsbehoeftes aangewend word.