# Die Kabinet het die onttreking van die South African Airways SOC Limited herroepingwetsontwerp van die parlement se wetgewingprogram goedgekeur. Die wetsontwerp, wat verbind is aan ’n verkoopsooreenkoms wat intussen in duie gestort het, het onuitvoerbaar geword nadat onderhandelinge tussen die staat en privaat vennote misluk het. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die onttrekking was ‘n voorwaarde van die transaksie, en met die beëindiging van die ooreenkoms, het die Kabinet geen rede gesien om verder met die wetgewende proses voort te gaan nie: