Skip to content

SAKP vra sterk befondsing vir Inkomstediens om R800-miljard in verlore belasting te herwin

# Die SAKP vra groter befondsing vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om 800-miljard-rand se belasting-inkomste te herwin wat jaarliks verlore gaan. Die party verwerp ‘n BTW-verhoging en vra strenger beheer oor onwettige finansiële vloei en winsverskuiwing. Hulle beplan massa-optrede wanneer die begroting volgende maand in die Parlement ter tafel gelê word. Alex Mashilo van die SAKP sê die begroting moet die werkersklas ondersteun, die Nasionale Gesondheidsversekering befonds, en staatsbeheerde ondernemings herstel.