Skip to content

SAKP vra dat ampsklagkomitee teen Ramaphosa vinnig tot stand kom

# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party doen ‘n beroep op die Parlement om die totstandkoming van ‘n ampsklagkomitee teen president Cyril Ramaphosa te bespoedig. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof Vrydag beslis het die Parlement se besluit om Ramaphosa teen ‘n ampsklagondersoek te beskerm, ongrondwetlik was. ‘n Onafhanklike ondersoek het bevind Ramaphosa het ‘n saak om te beantwoord in verband met die rooftog op sy plaas Phala Phala in Limpopo in 2020. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê die ANC moet volle aanspreeklikheid voor die mense van die land aanvaar.