Skip to content

SAKP sê hulle ondersteun die weermaghoof na kontroversie oor sy Iran-reis

# Die SAKP sê die verwarde reaksie van die regering teenoor die weermaghoof, generaal Rudzani Maphwanya, se reis na Iran, is nie net kommerwekkend nie, maar ook problematies. Maphwanya het tydens sy reis gemeenskaplike doelwitte met Iran gedeel, sy Gaza-posisie ondersteun en ‘n beroep gedoen op dieper strategiese belyning. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, het bevestig sy het Maphwanya se reis goedgekeur, maar die Presidensie het gesê het die besoek was ondeurdag, en sy kommentaar weerspieël nie die land se buitelandse beleidstandpunt nie. Die SAKP sê hy verwerp die regering se poging om Westerse imperialistiese magte te paai.