# Die SAKP sê koalisie-onderhandelings vorder goed. Sy nasionale onderderhandelingspan onder leiding van eerste adjunk-hoofsekretaris Madala Masuku het gister in Johannesburg met ANC-leiers vergader. Die SAKP se formele toetrede as onafhanklike party in die munisipale verkiesing het hom 2,38-persent van die nasionale steun besorg, en 271 raadsetels. Die party sê hy fokus op sy ontmoetings om bestuurs-bestendigheid en toerekenbaarheid te verseker in mense se belang en nie om elite-ooreenkomste te beding nie.
SAKP is tevrede met die vordering van koalisie-samesprekings