# Die RMB-Buro vir Ekonomiese Navorsing-sakevertroue-indeks het in die derde kwartaal van 2025 met een punt tot 39 gedaal, ná ‘n daling van vyf punte vroeër vanjaar. Die indeks is drie punte onder die langtermyngemiddeld en toon meer as 60-persent van ondernemings is ontevrede met die huidige toestande. RMB se hoofekonoom, Isaah Mhlanga, sê die daling weerspieël wêreldwye neigings namate ekonomieë aanpas by veranderings in politieke en handelslandskappe. Ontleders waarsku die huidige vertrouensvlakke is té laag om broodnodige beleggings en werkskepping aan te wakker.
Sakevertroue-indeks daal tot 39