Skip to content

Sakekamer kondig versterkte sakevertroue aan in September 2025

# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sê sakesentiment het in September 2025 versterk. Die SACCI Handelsvertroue-indeks het maand-tot-maand met 1,1-punte gestyg en jaar-tot-jaar met 10,9-punte tot 121,1. Die uitvoerende hoof van die Kamer, Alan Mukoki sê winste is gedryf deur hoër toeriste-aankomste, stygende goud- en platinumpryse, verhoogde voertuigverkope en die groei van aandele op die die Johannesburgse Effektebeurs. Hy waarsku dat uitdagings steeds bestaan, insluitend dalings in uitvoervolumes en onsekerheid oor AGOA en Amerikaanse handelstariewe, namate beleggersvertroue begin verbeter.