Skip to content

SAFTU verwerp Reserwebank se besluit om terugkoopkoers onveranderd te laat [KLANK]

# Die vakbondfederasie SAFTU sê hy verwerp die Monitêre Beleidskomitee van die Reserwebank se besluit om weer eens die terugkoopkoers onveranderd op 7-persent te hou, as teen werkers en ontwikkeling. ‘n Woordvoerder van SAFTU, Asive Dyani, sê dit beteken die prima-uitleenkoers is steeds op ‘n versmorende 10,5-persent. Sy sê die besluit is ‘n verdere aanduiding dat die komitee voorkeur gee aan inflasieteikens in die eng belang van bankiers en spekulante eerder as die dringende nasionale prioriteit van ekonomiese groei:

ENG AsiveonDecision