# Saftu en Cry of the Xcluded het die Wêreldbanklening van 26,5-miljard rand aan die Suid-Afrikaanse regering verwerp. Die Saftu-woordvoerder Newton Masuku sê soos soveel ander steunpakette van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds, beskou die federasie die pakket as ‘n gevaarlike Trojaanse Perd. Hy sê hierdie nuwe lening is nog nie vir die publiek beskikbaar op die Bank- of Tesourie-webwerwe nie. Masuku sê die lening is in werklikheid ‘n manier om die neoliberale offensief te verdiep.
SAFTU verwerp R26,5-miljard lening deur Wêreldbank aan SA regering