# Die vakbondfederasie, Saftu, het kommer uitgespreek oor die energiereguleerder, Nersa, se skikkingsooreenkoms van 54-miljard-rand met Eskom. Dit volg nadat Nersa ʼn fout begaan het in die berekening van die kragvoorsiener se inkomste vir die huidige en volgende twee boekjare. Ná die prysbepaling se hersiening verhoog die tarief in elk van die volgende twee jare met 8,8-persent, wat drie keer hoër is as die verwagte verbruikers-inflasiekoers. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê dis nog ʼn terugslag vir die werkersklas en arm huishoudings:
Saftu sê Eskom se tariefverhogings gaan miljoene dieper in armoede dompel [KLANK]
ENG DyaniOnTariffIncreases