Skip to content

Safer South Africa-stigting vra dringende optrede teen geslagsgeweld in skole

# Die Safer South Africa-stigting het alarm gemaak oor die toename in maatskaplike misdade, insluitend geslagsgeweld by opvoedkundige instellings landwyd. Elf moorde en 99 verkragtings is tussen Oktober en Desember 2024 by skole, kleuterskole en universiteite aangemeld. Die woordvoerder, Godfrey Monene, sê die stigting veroordeel die onlangse verkragting van Cwecwe in Matatiele en dring aan op sterker voorkomende maatreëls, aktiewe burgerskap en vinnige geregtigheid. Hy het bevestig meer as 600-duisend mense het ‘n versoekskrif onderteken wat aanspreeklikheid en veiligheid in skole eis.