Skip to content

SAFA versuim om werkers se Maart-salarisse betyds te betaal

# Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Lydia Monyepao, sê SAFA sal nie vandag sy werknemers se salarisse kan betaal nie. ‘n Laat betaling deur een van sy vennote het gelei tot die vertraging met salarisse. Monyepao sê hulle het ‘n onderneming deur die vennoot ontvang wat belowe het die vereniging sal teen Maandag betaal word. Werkers sal dus Maandag hulle Maart-salarisse ontvang.