# Die onderwysersvakbond SADOU sê die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring moet ’n duidelike politieke en fiskale verbintenis toon om behoorlike werk te skep, armoede te verlig en te verseker elke leerder en opvoeder beskik oor die hulpbronne en geleenthede om te floreer. Tydens verlede jaar se begroting is die toelae vir agterstande in skoolinfrastruktuur besnoei. SADOU-woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die vakbond verwag dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, voorsiening sal maak vir die uitbreiding van befondsde onderwysposte, sodat werklose opvoeders in die stelsel opgeneem kan word:
SADOU vra meer befondsde onderwysposte [KLANK]
ENG CembiONPosts