# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid se jongste opname oor handelstoestande toon ‘n agteruitgang van handel in August 2025. Slegs 40-persent van die respondente het positiewe toestande aangemeld. Dit is minder as die tydelike oplewing in Julie, danksy rentekoersverlagings en pensioenfondsonttrekkings. Globale onsekerheid, swak ekonomiese prestasie, en werkloosheid was groot bydraende faktore. Alhoewel die verlaging in die inflasiekoers en laer brandstofpryse verligting gebring het, waarsku SACCI se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, dat stygende munisipale tariewe en swakker uitvoere toenemend druk plaas op plaaslike ondernemings en beleggersvertroue.
SACCI-opname wys handelomstandighede het in Augustus verswak