Skip to content

SACCA oorweeg staking by FlySafair na dooiepunt in salarisonderhandelinge

# Die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging sê hy gaan die KVBA nader vir ʼn sertifikaat om by FlySafair te staak. Dit volg nadat die lugredery besluit het om bemanningslede uit te sluit oor ʼn salarisgeskil. Die vereniging sê hy was gewillig om die voorgestelde vierjaar-ooreenkoms, wat ʼn salarisverhoging van 5,7-persent insluit, te aanvaar. Hy sê die werkgewer het egter in die finale dokumentasie nie-finansiële voordele ingesluit waaroor nie onderhandel is nie. SACCA is die grootste vakbond by FlySafair, en 62-persent van die 800 werknemers behoort daaraan.