Skip to content

SABC gaan BEMAWU raadpleeg oor moontlike aflegging van 180 verkoopspersoneel

# Die openbare uitsaaier, die SABC, het aangekondig hy beplan om 180 werkers in sy kommersiële verkope-afdeling af te dank as deel van ‘n grootskaalse herstruktureringsprogram om finansiële druk die hoof te bied. Die uitsaaier het die uitsaaivakbond, BEMAWU, in kennis gestel van die beplande veranderings wat gemik is op die verbetering van inkomste en langtermyn volhoubaarheid. Onderhandelings met die vakbondsal Vrydag begin, met ‘n finale besluit oor die afleggings wat in Oktober verwag word, en afdankings wat aan die einde van November in werking sal tree.