Skip to content

Saai waarsku Onderstepoort-entstof-ineenstorting bedreig boere

# Die Suider-Afrikaanse Landbou-inisiatief, Saai, het kommer uitgespreek oor die ineenstorting van Suid-Afrika se staats-entstofvervaardiger, Onderstepoort Biologiese Produkte, na aanleiding van sy 2024/25 jaarlikse prestasieverslag. Die entstofvervaardiger het slegs 62-persent van sy teikens bereik en 100-miljoen-rand in inkomste verloor, terwyl entstofvervaardiging met 24-persent gedaal het. Dit veroorsaak dat boere kwesbaar is vir voorkombare veesiektes. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê dit is onaanvaarbaar dat die Departement van Landbou voortgaan om Onderstepoort van aanspreeklikheid te beskerm, terwyl Suid-Afrika se veebedryf weens voorkombare siekte-uitbrekings ineenstort.