Skip to content

SA Windenergievereniging benadruk belangrikheid van die Transmissieontwikkelingsplan

# Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging sê die uitbreiding van windenergie lê nie net in tegnologie of die aptyt van beleggers nie, maar ook in die kapasiteit van die nasionale transmissienetwerk as die ruggraat van die land se kragstelsel. Privaatsektorbeleggings in hernubare energieprojekte sal na verwagting teen 2030 132-miljard-rand in Suid-Afrika bereik. Dié toename sal ses gigawatt sonkrag en 3,5 gigawatt windkapasiteit by die nasionale netwerk voeg. Die vereniging sê die Transmissie-ontwikkelingsplan is die werklike fasiliteerder van Suid-Afrika se hernubare energie-toekoms.