# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n boodskap, wat wyd versprei word oor ‘n uiters koue winter weens die sogenaamde Aphelion-verskynsel, as vals en misleidend bestempel. Die fopnuus, wat op sosiale media rondgestuur word, beweer die Aarde se afstand van die son sal ‘n seisoen meebring wat kouer as gewoonlik is. ‘n Voorspeller, Lehlohonolo Thobela, verduidelik die Aphelion, wat op 3 Julie verwag word, het geen beduidende uitwerking op temperature of seisoene nie:
SA Weerdiens verwerp waarskuwing oor uiters koue winter [KLANK]
ENG ThobelaOnHoaxNews