# Die Departement van Gesondheid sê nie vrees nie, maar wetenskap lei Suid-Afrika se voorbereidings vir ‘n moontlike Ebola-uitbreking. Geen gevalle is plaaslik bevestig nie, maar owerhede versterk toesig- en reaksiemaatreëls namate uitbrekings in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda voortduur. Minister Aaron Motsoaledi sê 12 privaat en 24 openbare hospitale is aangewys om moontlike gevalle te bestuur. Hy sê Ebola versprei deur regstreekse kontak met besmette liggaamsvloeistowwe en nie deur die lug nie.
SA versterk Ebola-voorbereiding al is daar geen bevestigde gevalle nie