Skip to content

SA Toerisme stel wêreldwye veldtog bekend om die land se lewendige kultuur ten toon te stel

# Suid-Afrikaanse Toerisme het sy wêreldwye veldtog, ‘South Africa Awaits – Come Find Your Joy’ van stapel gestuur wat daarop gemik is om die land se lewenskragtige kultuur en buitengewone ervarings ten toon te stel. Die veldtog nooi reisigers uit om weer die vreugde van verkenning te ontdek, met asemrowende beeldmateriaal vanaf Johannesburg tot by die Kaapse Wynlande. SA Toerisme sê die veldtog versterk Suid-Afrika se posisie as ‘n voorste globale reisbestemming, met ‘n doelwit om teen 2030, 15-miljoen besoekers per jaar te lok.