# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevind dat die land ‘n voorlopige handelsoorskot van 22-miljard-rand in Junie getoon het. Uitvoere het 170,7-miljard-rand beloop met invoere wat 148,6-miljard-rand beloop het, insluitende handel met Botswana, Eswatini, Lesotho, en Namibië. Volgens die diens was die oorskot vir die ses maande tot einde Junie 80,2-miljard-rand, en laer as die 92-miljard-rand in 2024. Uitvoere het met 2,9-persent jaar-op-jaar gedaal, terwyl invoere effens hoër was teen 0,6-persent. Belangrike dalings is gesien met goud, steenkool, en voertuiguitvoere, asook petroleum- en slimfooninvoere.
SA teken R22-miljard handelsoorskot aan vir Junie, uitvoere effens laer