# Suid-Afrika se vervaardigingsektor het verlede maand onder druk gebly, met die Absa-aankoopbestuurdersindeks wat van 47,3-punte tot 46,8-punte gedaal het, vir ‘n vierde agtereenvolgende maand onder die neutrale 50-punte vlak. Die opname toon egter sterker binnelandse aanvraag wat produksie vir ‘n tweede agtereenvolgende maand ‘n hupstoot gegee en kostedruk verlig het. Vervaardigers bly versigtig, met swak uitvoervraag, laer sakevertroue en kommer oor hoër brandstofpryse wat die vooruitsigte demp.
SA se vervaardigingsektor bly onder druk met aankoopbestuurdersindeks wat in Julie daal