Skip to content

SA se ekonomie groei teen 0.6% in 2024 vergeleke met 0.7% in 2023

# Suid-Afrika se ekonomie het in die vierde kwartaal van 2024 met 0,6-persent gegroei na ‘n daling van 0,1-persent in die derde kwartaal. Ondanks baie minder beurtkrag in 2024, was die jaarlikse groei slegs 0,6-persent vergeleke met 0,7-persent in 2023. Groei in die vierde kwartaal is hoofsaaklik gedryf deur groei van 17,2-persent in die landbou-, bosbou- en vissery-sektore. Die vervaardigingsektor het met 0,6-persent gedaal. Die grootste negatiewe bydraes wat aangemeld is, is basiese yster en staal, nie-ysterhoudende metaalprodukte asook motorvoertuie, onderdele en bybehore.