Skip to content

SA Parlement sluit aan by wêreldwye poging om TB uit te wis

# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die Barcelona-verklaring oor tuberkulose onderteken. Dit is Suid-Afrika se formele verbintenis tot ‘n hernude wêreldwye parlementêre beweging om TB binne ‘n geslag uit te roei. Die ondertekeningseremonie het saamgeval met die amptelike bekendstelling van die Suid-Afrikaanse TB-parlementêre koukus. Meer mense het tot dusver aan TB gesterf as enige ander aansteeklike siekte in die geskiedenis. Didiza sê TB bly steeds ‘n gesondheidsuitdaging hoewel dit ‘n behandelbare siekte is en parlementslede pleit vir groter pogings om die siekte te help uitwis.